Ruth 2:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die HERE vergeld jou werk, en 'n volle loon word aan jou gegee deur die HERE, die God van Israel, onder wie se vleuels jy vertrou het.
Afrikaans (NLV) 2011
Mag die Here, die God van Israel, onder wie se vlerke jy kom skuiling soek het, jou ten volle beloon.”
Afrikaans 1933/1953
Mag die HERE jou daad vergelde, en mag jou loon volkome wees van die HERE, die God van Israel, onder wie se vleuels jy kom skuil het.
Afrikaans 1983
Mag die Here jou beloon vir wat jy gedoen het. Mag jy 'n welverdiende beloning ontvang van die Here die God van Israel onder wie se vleuels jy kom skuil het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Mag jy vir alles wat jy gedoen het, ruim vergoed word deur die Here, die God van Israel, onder wie se vleuels jy kom skuil het. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy het gekom na die Here, die God van Israel, sodat Hy jou kan beskerm. Ek bid dat die Here goed sal wees vir jou omdat jy dit gedoen het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Mag die Here, die God van Israel, by wie jy hulp kom soek het, vir jou baie goed wees. Mag Hy jou goed versorg oor al die mooi dinge wat jy gedoen het.”