Ruth 2:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê sy: Laat my guns in u oë vind, my heer; omdat jy my getroos het en dat jy vriendelik met u dienares gespreek het, al is ek nie soos een van u diensmaagde nie.
Afrikaans (NLV) 2011
“U laat my goed voel, Meneer,” antwoord sy. “U het my bemoedig deur so vriendelik met my te praat al is ek nie eers een van u slavinne nie.”
Afrikaans 1933/1953
Toe sê sy: So vind ek dan genade in u oë, my heer! Want u het my getroos en na die hart van u dienares gespreek, alhoewel ek nie soos een van u dienaresse is nie.
Afrikaans 1983
Sy het geantwoord: “Meneer, u bewys my 'n guns, u laat my goed voel, u is vriendelik met my, al is ek nie eers een van u slavinne nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“U is goed vir my, Meneer,” antwoord sy, “u het my immers jammer gekry; ja, u het mooi gepraat met my, u diensmeisie, en dit terwyl ek nie eers een van u slavinne is nie!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Rut het gesê: “Dankie, Meneer, ek is nie een van die vroue wat vir jou werk nie, maar jy is vriendelik met my en jy is goed vir my. Jy sê mooi dinge vir my.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“U is baie vriendelik, Meneer,” sê sy toe vir hom. “Ek is bly dat u so ordentlik met my praat al is ek nie een van u werkers nie.”