Ruth 2:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En laat ook van die handevol opsetlikes vir haar val en hulle verlaat, dat sy dit kan optel en haar nie kan bestraf nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Trek ook van die are uit die gerwe uit en laat dit met opset op die grond val sodat sy dit kan optel. Moenie haar keer om dit op te tel nie.”
Afrikaans 1933/1953
En julle moet ook so nou en dan vir haar uit die bondels uittrek en dit laat lê, dat sy dit kan optel; en julle mag haar nie keer nie.
Afrikaans 1983
julle moet ook van die are uit die gerwe haal en dit op die grond laat val. Sy mag dit optel sonder dat julle haar daaroor aanspreek.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Julle moet selfs vir haar are uit die bondels uittrek en dit laat lê sodat sy dit kan optel. Julle mag nie met haar raas nie!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle moet ook are uit die gerwe trek en dit laat val sodat sy dit kan optel, en julle moenie met haar raas nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle moet ook so nou en dan van die are uit die bondels uittrek en dit spesifiek vir haar los sodat sy dit kan optel. Moenie dit moeilik maak vir haar nie.”