Ruth 2:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sy het toe in die land opgetel tot die aand toe en uitgeslaan wat sy opgetel het, en dit was omtrent 'n efa gars.
Afrikaans (NLV) 2011
Rut het die hele dag lank are opgetel en toe sy dit die aand uitslaan, was dit omtrent ’n halwe mandjie vol.
Afrikaans 1933/1953
En sy het op die land opgetel tot die aand; en toe sy uitslaan wat sy opgetel het, was dit omtrent 'n efa gars.
Afrikaans 1983
Rut het tot die aand toe are opgetel in die land. En toe sy uitslaan wat sy opgetel het, was dit ongeveer dertien kilogram.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Rut het tot die aand are opgetel in die land. Sy het uitgeslaan wat sy opgetel het: Dit was ongeveer 'n efa gars.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Rut het tot die aand are opgetel, en toe sy die are wat sy opgetel het, uitslaan om die korrels uit te haal, was dit 'n groot mandjie vol.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Rut het tot die aand toe are op die land opgetel. Toe sy later die are uitslaan om die graan en die halms te skei, was daar omtrent tien kilogram graan.