Ruth 2:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Naomi aan haar skoondogter: Geseënd is hy van die HERE wat sy goedertierenheid aan die lewendes en aan die dooies nie opgehou het nie. En Naómi sê vir haar: Die man is naasbestaande aan ons, een van ons bloedverwante.
Afrikaans (NLV) 2011
“Mag hy geseënd wees deur die Here wat nie opgehou het om getrou te wees aan dié wat lewe en dié wat dood is nie!” sê Naomi vir haar skoondogter. Sy voeg by: “Daardie man is familie van ons. Hy is een van ons lossers.”
Afrikaans 1933/1953
En Naomi sê vir haar skoondogter: Mag hy geseënd wees deur die HERE, wat sy guns aan lewende en dode nie onttrek het nie. Verder sê Naomi vir haar: Die man is ons nabestaande, hy is een van ons lossers.
Afrikaans 1983
Naomi sê toe vir haar skoondogter: “Mag hy geseën word deur die Here wat nie nalaat om sy trou aan lewendes en dooies te bewys nie. En,” het Naomi bygevoeg, “hierdie man is familie van ons. Hy is een van ons lossers.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Naomi het vir haar skoondogter gesê: “Mag hy geseën word deur die Here, wat nie nagelaat het om sy verbondstrou aan die lewendes en die dooies te bewys nie.” Naomi het ook vir haar gesê: “Die man is verwant aan ons: Hy is een van ons lossers. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe sê Naomi vir haar skoondogter: “Die Here was goed vir ons mans wat dood is, en Hy is goed vir ons. Ek bid dat Hy die man sal seën. Hy is familie van ons, hy is een van ons lossers.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Mag die Here Boas seën!” het Naomi gesê. “Die Here kom altyd sy beloftes na aan dié wat lewe en selfs ook dié wat al dood is. Weet jy, hierdie man is familie van ons. Om die waarheid te sê, hy is eintlik een van die mense wat veronderstel is om vir ons te sorg omdat ons nie meer mans of kinders het nie.”