Ruth 2:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Rut, die Moabitiese, sê: Hy het ook vir my gesê: Jy moet vashou by my jongmanne totdat hulle al my oes beëindig het.
Afrikaans (NLV) 2011
Rut vertel toe verder: “Boas het boonop vir my gesê om weer terug te kom en by sy werkers te bly totdat die hele oes ingesamel is.”
Afrikaans 1933/1953
Toe sê Rut, die Moabitiese: Hy het ook nog vir my gesê: By my dienaars moet jy aansluit totdat hulle klaar is met die hele oes wat aan my behoort.
Afrikaans 1983
Rut, die Moabitiese vrou, sê toe: “Hy het ook nog vir my gesê ek moet by sy werksters bly totdat hulle klaar geoes het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Rut, die Moabiet, sê toe: “Hy het ook vir my gesê, ‘Jy moet by my werkers bly totdat hulle met my hele oes klaar is.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Rut, die Moabitiese vrou, het gesê: “Die man het ook vir my gesê dat ek naby die mense moet bly wat vir hom werk, totdat hulle al die gars klaar afgesny het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe sê Rut: “Dis nie al nie. Hy het ook gesê ek moet terugkom en elke dag saam met sy werkers are kom optel totdat die hele oes van die land af is.”