Ruth 2:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Naomi vir haar skoondogter Rut: Dit is goed, my dogter, dat jy saam met sy diensmeisies uitgaan, dat hulle jou op geen ander veld ontmoet nie.
Afrikaans (NLV) 2011
“Dis wonderlik!” roep Naomi uit. “Maak soos hy vir jou sê. Bly by sy werkers vir die duur van die oestyd. Daar sal jy veilig wees, maar op ’n ander land kan jy dalk gemolesteer word.”
Afrikaans 1933/1953
Daarop het Naomi haar skoondogter Rut geantwoord: Dit is goed, my dogter, dat jy met sy diensmeisies saam uitgaan en aan jou geen kwaad op 'n ander land aangedoen word nie.
Afrikaans 1983
Hierop sê Naomi vir haar: “Dit is goed vir jou, my dogter, dat jy saam met sy werksters uitgaan. Op 'n ander land sal jy dalk gemolesteer word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarop sê Naomi vir Rut, haar skoondogter: “My dogter, dis goed dat jy saam met sy vrouewerkers uitgaan, sodat mans jou nie op 'n ander land lastig val nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe sê Naomi vir haar skoondogter Rut: “My dogter, dit is goed dat jy saam met die vroue loop wat vir hom werk. Op 'n ander garsland sal die mense jou miskien pla.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Naomi sê toe vir Rut: “Dis goed so. Jy moet eerder saam met die vroue op Boas se land werk. Jy mag dalk net beledig word as jy op iemand anders se land gaan werk.”