Ruth 2:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom het sy vasgehou by die meisies van Boas om op te tel tot die einde van die gars-oes en die koring-oes; en het by haar skoonmoeder gewoon.
Afrikaans (NLV) 2011
So het Rut saam met die werkers tot die einde van die garsoes en die graanoes gebly en op Boas se landerye are opgetel. Sy het steeds by haar skoonma gewoon.
Afrikaans 1933/1953
So het sy dan by die diensmeisies van Boas aangesluit om are op te tel totdat hulle met die gars-oes en die koringoes klaar was; en sy het by haar skoonmoeder gewoon.
Afrikaans 1983
Rut het toe saam met die werksters van Boas are opgetel totdat die gars- en koringoes ingesamel was. Sy het nog by haar skoonma gewoon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Rut het Boas se vrouewerkers gevolg en are opgetel totdat die garsoes en die koringoes verby was. Sy het in dié tyd by haar skoonmoeder gebly.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Rut het toe naby die vroue gebly wat vir Boas gewerk het, en sy het are opgetel totdat hulle die gars en die koring klaar afgesny het. Sy het by haar skoonma gewoon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Rut het toe saam met die ander vroue in Boas se land are opgetel totdat die gars- en koringoes ingesamel was. Sy het die hele tyd by haar skoonma gebly.