Ruth 2:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En sy het gegaan en gekom en opgetel in die land agter die maaiers aan;
Afrikaans (NLV) 2011
Rut is na die landerye toe om agter die snyers te gaan are optel. Dit gebeur toe dat sy op die landerye van Boas, die bloedverwant van haar skoonpa, beland.
Afrikaans 1933/1953
Daarop het sy heengegaan, en gekom en are opgetel op die land agter die snyers. En gelukkig kom sy op 'n stuk land af wat behoort aan Boas, uit die geslag van Elim,leg.
Afrikaans 1983
Sy het toe geloop om in die land te gaan are optel agter die graansnyers aan. Sy het uitgekom by dié deel van die land wat behoort het aan Boas, die familielid van Elimelek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sy het toe geloop en gaan are optel in die lande agter die snyers. En dit was toe so dat dié deel van die land aan Boas, uit die geslag van Elimeleg, behoort.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Rut het toe gegaan om die gars-are op te tel wat geval het wanneer die mense die are afsny. Dit het gelukkig so gebeur dat sy gekom het by die garsland wat behoort het aan Boas, die man wat familie was van Elimelek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Rut is toe uit na die lande toe waar sy are agter die werkers loop en optel het. Sy het toevallig op ’n stuk land beland wat aan Boas, die familielid van Elimeleg, behoort het.