Ruth 2:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En kyk, Boas het van Betlehem af gekom en aan die maaiers gesê: Mag die HERE met julle wees! En hulle antwoord hom: Mag die HERE jou seën!
Afrikaans (NLV) 2011
Boas kom toe juis van Betlehem af en groet sy werknemers: “Die Here is met julle!” het hy gesê. “Mag die Here u seën!” antwoord die snyers.
Afrikaans 1933/1953
En Boas het juis van Betlehem af gekom en aan die snyers gesê: Mag die HERE met julle wees! En hulle het hom geantwoord: Mag die HERE u seën!
Afrikaans 1983
Boas het toe juis self uit Betlehem daar aangekom en hy het vir die snyers gesê: “Mag die Here by julle wees,” en hulle het hom geantwoord: “Mag die Here u seën.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Boas het juis van Betlehem af daar aangekom. “Die Here is met julle!” groet hy toe die snyers. “Die Here seën u,” antwoord hulle hom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Boas het dieselfde tyd van Betlehem gekom. Hy het die mense gegroet wat die gars afsny, en hy het gesê: “Ek bid dat die Here by julle sal wees.” En hulle het geantwoord: “Ons bid dat die Here jou sal seën.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Intussen het Boas ook uit Betlehem daar aangekom. Hy en sy werkers het mekaar vriendelik gegroet, soos dit die gebruik was.