Ruth 2:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Boas vir sy dienaar wat oor die maaiers aangestel was: Wie se meisie is hierdie?
Afrikaans (NLV) 2011
Toe vra Boas vir sy voorman: “Wie is daardie jong vrou?”
Afrikaans 1933/1953
Daarop sê Boas aan sy dienaar, die opsigter oor die snyers: Van wie is hierdie jong vrou?
Afrikaans 1983
Boas vra toe vir sy voorman: “Wie is daardie meisie?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Boas vra toe vir sy werker wat toesig hou oor die snyers: “Aan wie behoort hierdie jong vrou?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe vra Boas vir sy slaaf wat moes kyk dat die mense goed werk: “Wie is hierdie jong vrou?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Boas het vir Rut raakgesien en vir sy voorman gevra wie die vreemde vrou is wat op sy land are optel.