Ruth 2:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die dienskneg wat oor die maaiers aangestel was, het geantwoord en gesê: Dit is die Moabitiese meisie wat saam met Naomi uit die land Moab teruggekom het.
Afrikaans (NLV) 2011
Die voorman antwoord hom: “Sy is die jong vrou uit Moab wat saam met Naomi teruggekom het.
Afrikaans 1933/1953
En die dienaar, die opsigter oor die snyers, antwoord en sê: Dit is die jong Moabitiese vrou wat saam met Naomi uit die veld van Moab teruggekom het;
Afrikaans 1983
en hy antwoord: “Sy is 'n Moabitiese meisie wat saam met Naomi van Moab af gekom het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die werker wat toesig hou oor die snyers, antwoord hom: “Sy is 'n jong vrou uit Moab wat saam met Naomi uit die gebied van Moab teruggekom het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die slaaf het geantwoord: “Sy is 'n jong Moabitiese vrou. Dit is sy wat saam met Naomi uit die land Moab gekom het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hierop het die voorman geantwoord: “Dit is Naomi se skoondogter wat saam met haar uit Moab uit teruggekom het.