Ruth 2:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En sy sê: Laat my tog optel en agter die maaiers bymekaar maak onder die gerwe; en sy het gekom en bly van die môre af tot nou toe dat sy 'n bietjie in die huis vertoef het.
Afrikaans (NLV) 2011
Sy het vir my gevra of sy die are agter die snyers mag optel. Sy het nog die hele tyd aanmekaar gewerk, behalwe vir die kort tydjie toe sy daar onder die skuiling gaan rus het.”
Afrikaans 1933/1953
en sy het gesê: Kan ek maar are optel en insamel by die gerwe agter die snyers? Sy het toe gekom en gebly van vanmôre af tot nou toe; sy het maar min daar in die huis gesit.
Afrikaans 1983
Sy het gevra of sy are agter die snyers mag optel. Sy het toe gekom en is nog al die tyd besig van vanmôre af tot nou toe. Sy rus nou net 'n bietjie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sy het gevra, ‘Kan ek maar are optel en bymekaarmaak by die hopies agter die snyers?’ Sy het gekom en is van vanoggend af tot nou toe op haar voete; hier het sy nog maar min gerus!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Sy het gevra of sy die are mag optel wat val wanneer die mense die gars afsny. Sy het gekom en sy het van vanoggend tot nou toe gewerk, sy het nie by die huis gaan rus nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sy het vanmôre al gevra of sy are agter die werkers mag optel. Van toe af werk sy nog aanmekaar. Sy rus nou vir die eerste keer ’n bietjie daar in die koelte.”