Ruth 2:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Boas vir Rut: Hoor jy nie, my dogter? Gaan nie om op 'n ander land op te tel nie, en gaan ook nie van hier af nie, maar bly hier vas by my diensmeisies.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe loop Boas na haar toe en sê vir Rut: “Luister, my dogter: Bly net hier by ons en tel hier are op. Moenie na ander landerye toe gaan nie. Bly gerus by die vroue wat vir my werk.
Afrikaans 1933/1953
Toe sê Boas vir Rut: Luister tog, my dogter: jy moenie op 'n ander land gaan are optel nie, en jy mag ook nie hiervandaan weggaan nie; maar jy moet jou by my diensmeisies aansluit.
Afrikaans 1983
Boas sê toe vir Rut: “Luister, my dogter, moenie op 'n ander land gaan are optel nie; moet ook nie hier weggaan nie. Bly hier by die meisies.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Boas sê toe vir Rut: “Luister, my dogter, jy hoef nie in 'n ander land te gaan are optel nie. Moet selfs nie eers hiervandaan weggaan nie. Bly by my vrouewerkers,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Boas sê toe vir Rut: “Dogter, luister, jy moenie in 'n ander garsland gaan are optel nie. Jy moet ook nie hier weggaan nie. Bly naby die vroue wat vir my werk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Boas stap toe na Rut toe en sê vir haar: “As ek jou raad kan gee, moenie op ’n ander land gaan are optel nie. Bly by die vroue wat hier op my land werk.