Ruth 4:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom sê die losser vir Boas: Koop dit vir jou. Daarom trek hy sy skoen uit.
Afrikaans (NLV) 2011
Die ander losser trek toe sy skoen uit en sê vir Boas: “Jy kan dit koop.”
Afrikaans 1933/1953
Daarom het die losser vir Boas gesê: Koop dit vir jou; en hy het sy skoen uitgetrek.
Afrikaans 1983
Die losser sê toe vir Boas: “Jy kan dit maar koop,” en die losser het sy skoen uitgetrek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe die losser vir Boas sê: “Neem die lossingsreg vir jou oor,” het hy sy sandaal uitgetrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die man het vir Boas gesê: “Jý moet die grond koop,” en hy het sy sandaal uitgetrek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarom, toe die ander familielid vir Boas sê: “Jy kan dit maar koop,” het hy sy skoen uitgetrek en dit vir Boas gegee.