Titus 1:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want daar is baie oproerige en ydele sprekers en bedrieërs, veral dié van die besnydenis.
Afrikaans (NLV) 2011
Want daar is baie wat opstandig is teen die regte onderrig; hulle is praatjiesmakers en mislei mense. Dit is veral waar van dié uit die Jodedom.
Afrikaans 1933/1953
Want daar is baie wat tugteloos is, wat onsin praat en verleiers is, veral die wat uit die besnydenis is;
Afrikaans 1983
Daar is baie, veral onder die bekeerlinge uit die Jodedom, wat in opstand kom teen gesag, wat onsin praat en mense verlei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want daar is baie opstandiges, praatjiesmakers, en mense wat ander mislei, veral onder hulle wat besny is,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar is baie mense wat opstandig is, hulle praat oor dinge wat niks beteken nie en hulle wil hê die mense moet dit glo. Baie van die mense wat so praat, is Jode wat nou in Christus glo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar is baie mense wat in opstand is teen die gesag van die Here. Dis veral diegene wat vroeër aan die Joodse geloof behoort het wat nou die grootste klomp kaf praat. Boonop beïnvloed hulle baie ander mense om dit te glo.