Titus 1:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wie se mond moet gestop word, wat hele huise omverwerp deur dinge te leer wat hulle nie behoort nie, ter wille van vuil wins.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle moet tot swye gebring word. Deur hulle verkeerde leer laat hulle hele gesinne van die waarheid afwyk — en dit vir skaamtelose winsbejag.
Afrikaans 1933/1953
hulle mond moet gestop word. Hulle keer hele huise onderstebo deur te leer wat nie betaam nie, ter wille van vuil wins.
Afrikaans 1983
Hulle mond moet gesnoer word. Hulle bring hele huisgesinne in beroering deur dinge te leer wat nie toelaatbaar is nie, en dít net om skaamteloos geld te maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
van wie die mond gesnoer moet word, mense wat hele huishoudings omvergooi deur ontoelaatbare dinge te leer, en dit vir skandelike gewin.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy moet hulle keer sodat hulle nie daardie verkeerde stories vertel nie. Want wanneer hulle vir mense dinge leer wat hulle nie vir hulle moet leer nie, dan maak hulle die mense in party huisgesinne heeltemal deurmekaar, mense wat in Christus glo. Hulle doen hierdie dinge om geld te kry, en dit is 'n skande.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle moet hulle so gou moontlik stilmaak en hulle leuens stopsit, want hulle keer omtrent al wat huis is met hulle vals praatjies om. Hulle doen dit om onskuldige mense se geld in die hande te kry.