Titus 1:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Een van hulleself, selfs 'n profeet van hulle eie, het gesê: Die Kretiërs is altyd leuenaars, bose diere, stadige buike.
Afrikaans (NLV) 2011
Een van hulle eie mense, ’n profeet uit Kreta, het van hulle gesê: “Die Kretensers is almal leuenaars; hulle is wilde diere en lui vrate.”
Afrikaans 1933/1953
Een uit hulle, hul eie profeet, het gesê: Die Kretense is altyd leuenaars, ongediertes, lui buike.
Afrikaans 1983
Een van hulle mense, hulle eie profeet, het gesê: “Die Kretensers is altyd leuenaars, ongediertes, lui vrate.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Een van hulle mense, hulle eie profeet, het gesê: Kretensers – altyd leuenaars, slegte ondiere, lui vrate!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Een van die mense van Kreta het soos 'n profeet gepraat. Hy het gesê: Die mense van Kreta lieg altyd, hulle is soos gevaarlike diere, hulle wil altyd eet en hulle is lui.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hierdie spul se skelmstreke laat my dink aan wat een van hulle eie profete gesê het: “Die klomp wat op Kreta bly, is heeltemal onbetroubaar. Hulle is so onbeheerbaar soos wilde diere. Hulle is ’n klomp luiaards wat niks wil doen nie en hulleself heeltyd ooreet.”