Titus 1:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hierdie getuie is waar. Bestraf hulle daarom skerp, sodat hulle gesond kan wees in die geloof;
Afrikaans (NLV) 2011
Dit is waar. Berispe hulle dus so streng moontlik om hulle weer gesond in die geloof te maak.
Afrikaans 1933/1953
Hierdie getuienis is waar. Daarom moet jy hulle skerp bestraf, sodat hulle gesond in die geloof kan wees,
Afrikaans 1983
Hierdie getuienis is waar. Daarom moet jy hulle streng teregwys, sodat hulle gesond kan word in die geloof.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hierdie getuienis is waar. Daarom, spreek hulle skerp aan, sodat hulle gesond kan word in die geloof,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hierdie man het die waarheid gepraat. Daarom moet jy reguit vir hulle sê dat hulle dinge doen wat verkeerd is. Jy moet dit doen sodat hulle die regte dinge kan glo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hoe reg was hy nie! Daardie mense wat die goeie nuus verdraai, moet jy asseblief vasvat. Sê hard en duidelik vir hulle dat hulle op die verkeerde pad is. Dalk maak dit hulle oë oop sodat hulle reg in God kan begin glo.