Titus 1:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Moenie ag gee op Joodse fabels en gebooie van mense wat van die waarheid afwyk nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle moet ophou om na Joodse mites en na die opdragte van mense te luister wat hulle rug op die waarheid gedraai het.
Afrikaans 1933/1953
en hulle nie besig hou met Joodse fabels en gebooie van mense wat van die waarheid afwyk nie.
Afrikaans 1983
Hulle moet hulle nie langer besig hou met Joodse verdigsels en met die voorskrifte van mense wat van die waarheid afgedwaal het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en hulle nie meer besig hou met Joodse mites en menslike voorskrifte wat van die waarheid afwyk nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle moet ophou om te luister na die Jode se stories wat nie waar is nie. Hulle moet ook nie luister na ander mense wat vir hulle sê wat hulle moet doen nie. Hulle moet ophou om te luister na daardie mense, want dit is mense wat self nie meer wil luister na die waarheid nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle moet al daardie Joodse bygelowe en storietjies van hulle laat staan. Hulle hou hulle nog altyd besig met mensgemaakte reëls en wette wat glad nie die waarheid is nie.