Titus 1:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hulle bely dat hulle God ken; maar in die werke verloën hulle Hom, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en tot elke goeie werk verwerplik is.
Afrikaans (NLV) 2011
Sulke mense gee voor dat hulle God ken, maar hulle lewe weerspreek dit. Hulle is verwerplik en rebels, ware deugniete wat tot niks goeds in staat is nie.
Afrikaans 1933/1953
Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk.
Afrikaans 1983
Hulle gee voor dat hulle God ken, maar hulle dade weerspreek dit. Hulle is verfoeilik en koppig en deug vir geen goeie werk nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle bely dat hulle God ken, maar weerspreek dit met hulle dade; hulle is afstootlik en onversetlik, onbekwaam om enigiets goeds te doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle sê vir almal dat hulle vir God ken, maar die dinge wat hulle doen, wys dat hulle nie vir Hom ken nie. God haat daardie mense, want hulle luister nie na Hom nie en hulle kan nie iets doen wat goed is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle maak asof hulle God ken, maar hulle lieg. Want wat hulle doen, sê iets heeltemal anders. Hulle vang die verskriklikste dinge aan. Hulle luister glad nie na wat God sê nie. Hierdie mense doen nie ’n enkele ding wat sy hart bly maak nie.