Titus 1:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
In die hoop op die ewige lewe, wat God, wat nie kan lieg nie, beloof het voordat die wêreld begin het;
Afrikaans (NLV) 2011
Hierdie waarheid gee aan hulle die vooruitsig op die ewige lewe wat God aan hulle beloof het nog voor die wêreld geskep is — en Hy kan nie lieg nie.
Afrikaans 1933/1953
in die hoop van die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, van ewigheid af beloof het,
Afrikaans 1983
en wat hoop gee op die ewige lewe. God wat sy woord hou, het die ewige lewe lank gelede aan ons belowe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
in die hoop op die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, reeds voor alle tye beloof het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek is 'n apostel sodat hulle seker kan weet dat God die ewige lewe vir hulle sal gee. God het dit belowe voordat die tyd begin het, en Hy lieg nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit bring groot sekerheid in hulle harte dat die ewige lewe op hulle wag. Nog lank voordat die wêreld daar was, het God al beloof dat Hy vir almal wat in Hom glo, ’n groot geskenk het: die ewige lewe!