Titus 1:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar op die regte tyd het sy woord geopenbaar deur die prediking, wat aan my toevertrou is volgens die gebod van God, ons Verlosser;
Afrikaans (NLV) 2011
En nou, op die regte tyd, het Hy hierdie boodskap bekendgemaak, en ons verkondig dit aan almal. Dit is deur die opdrag van God ons Verlosser dat ek vertrou word om hierdie werk vir Hom te doen.
Afrikaans 1933/1953
en op die regte tyd sy woord bekend gemaak het deur die prediking wat aan my toevertrou is, ooreenkomstig die gebod van God, ons Verlosser -- aan Titus, my ware kind volgens die gemeenskaplike geloof:
Afrikaans 1983
Nou het Hy op die bestemde tyd sy woord bekend gemaak deur die prediking wat as opdrag aan my toevertrou is deur God ons Verlosser.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en wat sy woord op sy eie tyd bekend gemaak het deur die verkondiging, wat in opdrag van God, ons Verlosser, aan my toevertrou is –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God, ons Redder, het op die regte tyd sy boodskap gestuur en Hy het vir my gesê ek moet die boodskap vir mense bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Nou, op presies die regte tyd het God hierdie goeie nuus aan my kom bekendmaak. Hy het ook vir my gesê om dit aan ander mense te gaan oorvertel. En wat ’n wonderlike werk is dit nie om te preek dat God ons Verlosser is nie!