Titus 1:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Aan Titus, my eie seun na die algemene geloof: Genade, barmhartigheid en vrede van God die Vader en die Here Jesus Christus, ons Verlosser.
Afrikaans (NLV) 2011
Hierdie brief word gerig aan Titus, my ware kind in die geloof wat ons met mekaar deel. Mag die genade en vrede van God die Vader en Christus Jesus ons Verlosser met jou wees.
Afrikaans 1933/1953
Genade, barmhartigheid, vrede van God die Vader en die Here Jesus Christus, ons Verlosser!
Afrikaans 1983
Aan Titus, my eie kind in die geloof wat ons albei bely. Genade en vrede van God die Vader en Christus Jesus ons Verlosser!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
aan Titus, my egte seun op grond van ons gemeenskaplike geloof: Genade en vrede van God, ons Vader, en Christus Jesus ons Verlosser.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek, Paulus, skryf hierdie brief vir jou, Titus. Jy is vir my soos my eie kind, omdat ons saam in Christus glo. Ek bid dat God die Vader en Christus Jesus ons Redder genadig sal wees vir jou en dat Hy ook vir jou vrede sal gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Titus, hierdie brief is aan jou gerig. Jy is vir my soos my eie kind, want jy glo ook. Ons al twee is nou deel van God se nuwe familie. Die goedheid en vrede van God ons Vader en Christus Jesus, ons Verlosser, is ook by jou.