Titus 1:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
As iemand onberispelik is, die man van een vrou, met getroue kinders wat nie van oproer of onregverdigheid beskuldig word nie.
Afrikaans (NLV) 2011
’n Ouderling moet gerespekteer wees vir sy goeie lewe. Hy moet getrou wees aan sy vrou, en sy kinders moet gelowiges wees wat nie wild of opstandig is nie.
Afrikaans 1933/1953
as iemand onberispelik is, die man van een vrou, gelowige kinders het wat nie beskuldig word van losbandigheid of tugteloos is nie.
Afrikaans 1983
'n Ouderling moet onberispelik van gedrag wees; hy moet aan sy vrou getrou wees, en sy kinders moet gelowig wees en nie die naam hê dat hulle losbandig lewe en teen gesag in opstand kom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit moet iemand wees wat onberispelik is, 'n man met een vrou, en met gelowige kinders, wat nie van losbandige gedrag beskuldig kan word, of opstandig is nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Niemand moet oor hulle kan praat en sê dat 'n ouderling verkeerde dinge doen nie. 'n Ouderling moet net een vrou hê, en sy kinders moet gelowiges wees. Mense moenie oor hulle kan praat en sê dat die kinders wild lewe en verkeerde en slegte dinge doen en ongehoorsaam is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Kerkleier se ganse lewe moet wys dat hy die Here ken. Hy moet getrou wees aan sy vrou. Sy kinders moet die Here dien. Hulle moenie van die een wilde partytjie na die ander hardloop en teen hulle ouers opstandig raak nie.