Titus 1:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar 'n liefhebber van gasvryheid, 'n liefhebber van goeie mense, nugter, regverdig, heilig, ingetoë;
Afrikaans (NLV) 2011
Hy moet gasvry wees en alles wat goed is, liefhê. Hy moet met wysheid lewe en regverdig wees. Hy moet ’n toegewyde en gedissiplineerde lewe lei.
Afrikaans 1933/1953
maar gasvry, een wat die goeie liefhet, ingetoë, regverdig, heilig, een wat homself beheers;
Afrikaans 1983
Hy moet gasvry wees, lief vir wat goed is, verstandig, regverdig, vroom en selfbeheers.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
maar gasvry, lief vir die goeie, verstandig, regverdig, toegewyd en selfbeheersd.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nee, hy moet goed wees vir vreemdelinge, hy moet daarvan hou om goeie dinge te doen, hy moet weet hoe om reg te lewe, hy moet doen wat reg is, hy moet aan God gewy wees en hy moenie sy humeur verloor en kwaad word nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sy huis en hart moet altyd oopstaan vir ander gelowiges, al ken hy hulle nie. Dit moet vir hom ’n groot vreugde wees om goeie dinge vir ander te doen. Hy moet nugter en beheersd wees. In alle omstandighede moet hy reg optree. Hy moet leef soos die Here wil hê. Hy moet homself goed kan beheer sodat die sonde geen houvas op sy lewe kry nie.