Titus 2:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Nie slingerend nie, maar betoon alle goeie trou; sodat hulle die leer van God, ons Verlosser, in alles kan versier.
Afrikaans (NLV) 2011
steel nie, maar toon dat hulle goed en ten volle betroubaar is. Op só ’n manier sal hulle in alles wat hulle aanpak, die onderrig oor ons Verlosser aantreklik maak.
Afrikaans 1933/1953
hulle moet niks ontvreemd nie, maar alle goeie trou betoon, sodat hulle die leer van God, ons Verlosser, in alles kan versier.
Afrikaans 1983
of iets vat nie; hulle moet bewys dat hulle in alles betroubaar is. So sal hulle in alles wat hulle doen, die aansien van die leer van God ons Verlosser verhoog.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
nie steel nie, maar toon dat alle betroubaarheid goed is, sodat hulle in alles die leer van God, ons Verlosser, aantreklik maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die slawe moenie skelm wees en van hulle eienaars se geld vat nie. Nee, hulle moet vir hulle eienaars wys dat hulle altyd eerlik is. Hulle moet goeie slawe wees, hulle moet so goed wees dat al die mense sal sê die dinge is mooi, die dinge wat ons vir hulle geleer het van God, ons Redder.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ook moet hulle nie dinge steel nie sodat ander moet kan sien dat hulle in alles eerlik en betroubaar is. Dan wys hulle dat hulle geloof nie net ’n klomp dooie reëls op papier is nie. So word die leer oor ons wonderlike God en Verlosser nog meer aantreklik.