Titus 2:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want die genade van God wat redding bring, het aan alle mense verskyn,
Afrikaans (NLV) 2011
Die liefdevolle goedheid van God wat verlossing bring, het inderdaad vir almal sigbaar geword.
Afrikaans 1933/1953
Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn
Afrikaans 1983
Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want die verlossende genade van God het verskyn vir alle mense,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Almal moet reg lewe, want God het vir ons kom wys dat Hy genadig is en dat Hy al die mense wil red.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God het sy goedheid aan alle mense bekendgemaak. Almal het nou die kans om sy verlossing te beleef.