Titus 2:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
en leer ons dat ons, deur die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, nugter, regverdig en godvrugtig in hierdie huidige wêreld moet lewe;
Afrikaans (NLV) 2011
Dit voed ons op om die goddelose leefstyl en die wêreldse begeertes af te lê en gebalanseerd, volgens die wil van God en toegewyd aan Hom, in die huidige tyd te leef.
Afrikaans 1933/1953
en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe,
Afrikaans 1983
Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en voed ons op, sodat ons in hierdie bedeling verstandig en regverdig en godvresend kan leef, deur goddeloosheid en wêreldse begeertes te verwerp,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy leer vir ons om die verkeerde dinge te los en ook die dinge van die wêreld wat ons graag wil doen. Hy leer vir ons om verstandig en regverdig te lewe. Ja, dan sal ons kan lewe soos God wil hê dat mense in hierdie wêreld moet lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Nou wys Hy vir ons hoe om ’n Godlose leefstyl te systap en hoe om vernietigende begeertes te laat staan. Hy laat ons met wysheid en opregtheid leef. Hy laat ons elke dag tot sy eer in die wêreld leef.