Titus 2:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
terwyl julle daardie geseënde hoop verwag en die heerlike verskyning van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus;
Afrikaans (NLV) 2011
Ondertussen sien ons daarna uit dat die wonderlike hoop wat ons koester, ’n werklikheid sal word en dat die heerlikheid van ons groot God en Verlosser, Jesus Christus, sigbaar sal word.
Afrikaans 1933/1953
terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus,
Afrikaans 1983
terwyl ons uitsien na die gelukkige dag wat ons verwag. Op daardie dag sal die heerlikheid van ons grote God en Verlosser, Jesus Christus, verskyn.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
terwyl ons uitsien na die salige hoop en glansryke verskyning van ons groot God en Verlosser, Jesus •Christus –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons doen dit terwyl ons wag en ons is bly dat ons seker kan weet dat ons Groot God en ons Redder, Jesus Christus, weer sal kom, Jesus Christus wat Koning is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarom sien ons baie uit na daardie wonderlike dag wanneer ons wonderlike God en Verlosser, Jesus Christus, terugkom. Ons kan nie meer wag dat dit moet aanbreek nie!