Titus 2:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
wat Homself vir ons gegee het om ons van alle ongeregtigheid te verlos en vir Hom 'n eiendomsvolk te reinig, ywerig in goeie werke.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het sy lewe vir ons gegee om ons los te koop van alles wat voor God verkeerd is, en om ons te reinig van alle sonde sodat ons sy volk kan wees wat net aan Hom behoort, entoesiasties om die goeie te doen.
Afrikaans 1933/1953
wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself 'n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke.
Afrikaans 1983
Hy het Homself vir ons as offer gegee om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde te reinig, sodat ons sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy wat Homself ter wille van ons gegee het, om ons los te koop van alle wetteloosheid, en vir Hom 'n eie volk as eiendom te reinig, wat ywerig is om goed te doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus Christus het gesterf. Óns moes gesterf het, maar Hý het gesterf, en so het Hy ons vrygemaak van al die dinge wat teen God se wette is. Hy het gesterf om ons rein te maak, sodat ons sy eie volk kan wees, 'n volk wat baie graag goeie dinge wil doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Christus het sy lewe ter wille van ons opgeoffer om ons los te koop uit die mag van die sonde. Nou behoort ons net aan Hom. Ons is sy volk. Syne alleen! Nou wil ons net doen wat Hy sê!