Titus 2:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
So ook die bejaarde vroue, dat hulle gedra soos dit heilig is, nie valse beskuldigers nie, nie aan baie wyn gegee nie, leraars van goeie dinge;
Afrikaans (NLV) 2011
Net so moet jy ook die bejaarde vroue onderrig om só te leef soos dit iemand betaam wat aan die Here toegewy is. Hulle moet nie rondloop en skinder nie, ook nie aan wyn verslaaf wees nie. Hulle moet liewer goeie dinge vir ander leer.
Afrikaans 1933/1953
Die ou vroue moet ook in hulle gedrag wees soos dit die heiliges betaam, geen kwaadspreeksters of aan baie wyn verslaaf nie, maar leraresse van wat goed is,
Afrikaans 1983
Net so moet jy ook vir die ouer vroue sê hulle gedrag moet dié wees van mense wat 'n heilige lewe lei. Hulle moenie kwaadpraat of aan drank verslaaf wees nie. Hulle moet goeie raad kan gee,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Net so moet ouer vroue se optrede wees soos dit •heiliges betaam. Hulle moet nie kwaadpraters wees, of verslaaf aan wyn nie, maar moet onderrig gee in wat goed is,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy moet ook vir die ouer vroue sê hulle moet lewe soos mense wat aan die Here behoort. Hulle moenie skinder oor ander mense nie en hulle moenie te veel wyn drink nie, hulle moet goeie dinge vir die mense leer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Praat ook met die vroue in die kerk wat al ouer is. Sê vir hulle dat hulle lewe moet wys dat hulle die Here ken. Hulle mag niks leliks van ander mense sê nie. Hulle mag ook nie te veel drink nie.