Titus 2:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Jongmanne vermaan eweneens om nugter te wees.
Afrikaans (NLV) 2011
Net só moet jy die jonger mans aanmoedig om met selfbeheersing te lewe
Afrikaans 1933/1953
Vermaan die jong manne net so om ingetoë te wees.
Afrikaans 1983
Net so moet jy die jonger mans vermaan om hulle verstandig te gedra.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Vermaan ook so die jonger mans om in alle opsigte verstandig op te tree.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
[6-7] Jy moet vir die jonger mans sê hulle moet altyd weet hoe om reg te lewe. Jy self moet goeie dinge doen, sodat jy 'n voorbeeld kan wees vir hulle. Jy moet eerlik wees wanneer jy vir die mense leer, sodat hulle jou kan respekteer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Titus, jy moet ook met die jonger mans in die kerk praat. Sê vir hulle om met wysheid op te tree.