Titus 2:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Gesonde spraak, wat nie veroordeel kan word nie; sodat hy wat teendeel is, beskaamd kan staan omdat hy geen kwaad van julle kan sê nie.
Afrikaans (NLV) 2011
met gesonde en onaanvegbare prediking. Dan sal die teenstanders beskaamd staan omdat hulle dan niks slegs oor ons te sê het nie.
Afrikaans 1933/1953
Laat die woord gesond en onweerspreeklik wees, sodat die teëstanders beskaam kan word en niks slegs kan hê om van julle te sê nie.
Afrikaans 1983
gesonde en onaanvegbare prediking. Dan sal elke teenstander in die verleentheid kom dat hy niks slegs van ons sal kan sê nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
gesonde en onaanvegbare prediking, sodat 'n teenstander beskaamd mag staan, en niks slegs het om oor ons te sê nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy moet vir die mense reg leer, niemand moet daaroor kan praat en sê dit is verkeerd nie. Dan sal ons vyande skaam word en hulle sal nie slegte dinge oor ons kan sê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maak God se wil op die regte manier bekend. Tree altyd met integriteit op. As jy sorg dat alles wat jy sê in ooreenstemming is met God se wil, sal selfs jou vyande niks leliks teen ons geloof kan sê nie.