Titus 3:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Stel hulle in gedagte om aan owerhede en magte onderworpe te wees, om magistrate gehoorsaam te wees, gereed te wees tot elke goeie werk,
Afrikaans (NLV) 2011
Herinner die mense om hulle aan die regeerders en gesagsinstansies te onderwerp. Hulle moet aan hulle gehoorsaam wees, altyd gereed om te doen wat goed is.
Afrikaans 1933/1953
Herinner hulle daaraan om onderdanig te wees aan owerhede en magte, om gehoorsaam te wees, bereid tot elke goeie werk;
Afrikaans 1983
Herinner die mense nadruklik daaraan dat hulle hulle aan owerheid en gesag moet onderwerp, daaraan gehoorsaam moet wees en bereid moet wees om alles te doen wat goed is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Herinner hulle daaraan om aan die owerheid en alle gesag onderdanig te wees, om gehoorsaam te wees en bereid tot elke goeie werk,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy moet vir die gelowiges sê dat hulle moet onthou om te luister na almal wat oor hulle regeer, hulle moet gehoorsaam wees. Hulle moet altyd gereed wees om goeie dinge te doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sê baie duidelik vir die gelowiges om te luister na alles wat die owerhede sê. Hulle mag nie in opstand kom teen mense wat in leiersposisies is nie. Hulle moet ook elke kans aangryp wat hulle kry om goed te doen.