Titus 3:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En laat ons s'n ook leer om goeie werke te onderhou vir noodsaaklike doeleindes, sodat dit nie onvrugbaar is nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Ons mense moet leer om nie onproduktief te leef nie. Hulle moet uitmunt in goeie dade om in ander se behoeftes te voorsien.
Afrikaans 1933/1953
Ons mense moet ook leer om vir die noodsaaklike behoeftes goeie werke voor te staan, sodat hulle nie onvrugbaar mag wees nie.
Afrikaans 1983
Ons mense moet ook leer om met eerlike werk in die noodsaaklike lewensbehoeftes te voorsien. Dan sal hulle lewe nie onvrugbaar wees nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ons mense moet ook leer om hulle met goeie werke besig te hou, vir die voorsiening van noodsaaklike behoeftes, sodat hulle lewe nie vrugteloos sal wees nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons eie mense moet ook leer dat hulle moet aanhou om goed te werk, sodat almal genoeg kan hê om te lewe. Dan sal ons mense vir ander mense help.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sê ook vir die gelowiges om self te werk vir hulle eie brood. Deur goeie werk moet hulle in hul eie lewensbehoeftes voorsien. Hulle moet soos bome wees wat goeie vrugte vir die Here dra.