Titus 3:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Almal wat by my is, groet jou. Groet hulle wat ons in die geloof liefhet. Genade sy met julle almal. Amen. (Dit is geskryf aan Titus, georden as die eerste biskop van die kerk van die Kretiërs, van Nicopolis van Masedonië.)
Afrikaans (NLV) 2011
Almal hier by my stuur groete. Dra ons groete oor aan al die gelowiges wat liefde teenoor ons koester. Mag die genade van God met julle almal wees.
Afrikaans 1933/1953
Almal wat saam met my is, groet jou. Groet die wat vir ons liefhet in die geloof. Die genade sy met julle almal! Amen.
Afrikaans 1983
Almal wat hier by my is, stuur vir jou groete. Gee ons groete aan ons vriende in die geloof. Die genade sal by julle almal wees!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Almal by my stuur vir jou groete. Groet hulle wat vir ons in die geloof liefhet. Die genade bly met julle almal!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Almal wat by my is, stuur groete vir jou. Sê groete vir die gelowiges wat lief is vir ons. Ek bid dat God genadig sal wees vir julle almal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Titus, al die gelowiges hier by my stuur vir jou groete. Sê asseblief ook groete aan al die gelowiges daar by jou. God se goedheid bly by julle almal.