Titus 3:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Om van niemand kwaad te praat nie, om geen bakleiery te wees nie, maar sagmoedig, om alle sagmoedigheid aan alle mense te bewys.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle moet van niemand kwaadpraat nie en nie bakleierig wees nie. Hulle moet inskiklik wees en altyd saggeaard teenoor almal optree.
Afrikaans 1933/1953
om niemand te belaster nie, nie strydlustig te wees nie, vriendelik te wees en aan alle mense alle sagmoedigheid te bewys.
Afrikaans 1983
Hulle moet van niemand kwaadpraat nie en nie rusie soek nie. Hulle moet inskiklik wees en altyd bedagsaam teenoor almal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
niemand te belaster nie, om nie bakleierig te wees nie, maar vriendelik, en om ware sagmoedigheid te betoon aan alle mense.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle moenie slegte dinge sê oor iemand nie en hulle moenie daarvan hou om te baklei nie. Hulle moet vriendelik wees en hulle harte moet vol liefde wees vir al die mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Leer hulle ook om nie van ander mense sleg te praat nie. Hulle moenie moeilikheid soek nie. Nee, hulle moet vriendelik en sensitief wees. Hulle moet met deernis teenoor almal optree.