Titus 3:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
wat Hy oorvloediglik op ons uitgestort het deur Jesus Christus, ons Verlosser;
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het die Gees ryklik op ons uitgestort op grond van wat Jesus Christus ons Verlosser gedoen het.
Afrikaans 1933/1953
wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser;
Afrikaans 1983
God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
wat Hy ryklik oor ons uitgegiet het deur Jesus •Christus, ons Verlosser.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het vir Jesus Christus, ons Redder, gestuur om die Heilige Gees vir ons te gee, sodat die Heilige Gees heeltemal oor ons sal regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God het ook nie net ’n klein stukkie van die Heilige Gees aan ons gegee nie. Nee, deur die toedoen van Jesus Christus, ons Verlosser, het Hy die Heilige Gees in sy volheid oor ons uitgegiet.