Titus 3:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Omdat ons geregverdig is deur sy genade, moet ons erfgename word volgens die hoop op die ewige lewe.
Afrikaans (NLV) 2011
Só is ons vrygespreek deur sy genade, en het ons erfgename geword van die ewige lewe waarop ons hoop.
Afrikaans 1933/1953
sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe.
Afrikaans 1983
So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
So het ons, geregverdig deur sy genade, erfgename geword van die ewige lewe waarop ons hoop.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het ons vrygespreek, Hy was genadig vir ons, daarom kan ons weet en seker wees dat ons die ewige lewe sal kry wat God vir ons belowe het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Omdat Hy so goed is vir ons, het Hy al ons sondes afgeskryf. Dit tel nie meer teen ons nie. Ons is nou God se erfgename. Ons erfporsie is die ewige lewe. Ons is volspoed onderweg daarheen.