Titus 3:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dit is 'n betroubare woord, en ek wil hê dat jy dit gedurigdeur bevestig, sodat die wat in God glo, sorg kan dra om goeie werke te onderhou. Hierdie dinge is goed en nuttig vir die mense.
Afrikaans (NLV) 2011
Hierdie boodskap is betroubaar. Daarom wil ek hê jy moet hierdie dinge met groot beslistheid handhaaf sodat hulle wat op God vertrou, hulle op goeie werke kan toespits, dit wil sê werke wat goed en voordelig vir mense is.
Afrikaans 1933/1953
Dit is 'n betroubare woord, en ek wil hê dat jy hierdie dinge beslis bevestig, sodat die wat in God glo, sorg kan dra om goeie werke voor te staan; d¡t is wat goed en nuttig is vir die mense.
Afrikaans 1983
Dit is 'n betroubare woord. Daarom wil ek hê dat jy van hierdie dinge met groot nadruk moet getuig, sodat dié wat tot geloof in God gekom het, hulle op goeie werk kan toelê, werk wat goed en nuttig is vir die mense.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dié uitspraak is betroubaar. Ek wil hê dat jy hierdie dinge moet benadruk, sodat hulle wat in God glo, daarop bedag sal wees om hulle aan goeie werke toe te wy. Hierdie dinge is goed en voordelig vir die mense.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wat ek nou gesê het, is waar. Ek wil hê jy moet vir die mense wat in God glo, duidelik sê dat hulle hard moet probeer om goeie dinge te doen. Al hierdie dinge is mooi en goed vir die mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wat ek nou vir jou gesê het, is die waarheid. Ek wil hê jy moet dit met groot oortuiging vir die gelowiges gaan oorvertel. Hulle moet mooi begryp wat God alles vir ons gedoen het. Dit sal hulle aanspoor om reg te leef. As hulle hierdie goeie nuus verstaan, sal hulle goeie dinge vir ander mense doen. Hulle sal ander begin dien en op die hande dra.