Zechariah 1:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die man wat tussen die mirtebome gestaan het, het geantwoord en gesê: Dit is hulle wat die HERE gestuur het om deur die aarde te gaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Die man wat daar tussen die mirtebome gestaan het, het verduidelik: “Die Here het hulle uitgestuur om die hele aarde te patrolleer.”
Afrikaans 1933/1953
En die man wat tussen die mirtebome gestaan het, het aangehef en gesê: Dit is hulle wat die HERE gestuur het om die aarde te deurkruis.
Afrikaans 1983
Toe praat die man wat tussen die mirte was. Hy het gesê: “Dit is die ruiters wat deur die Here uitgestuur is om die wêreld te deurkruis.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die man wat tussen die mirtestruike staan, het geantwoord en gesê: “Dit is die ruiters wat die Here gestuur het om die aarde te deurkruis.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die man wat tussen die mirtebome gestaan het, praat toe en sê: “Die Here het daardie mense gestuur. Hulle moet gaan kyk wat oral op die aarde gebeur.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die man wat tussen die bome gestaan het, het toe begin verduidelik. “Dit is die ruiters wat die Here gestuur het om te gaan kyk wat in die wêreld aangaan.