Zechariah 1:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het die engel van die HERE wat tussen die mirtebome gestaan het, geantwoord en gesê: Ons het die aarde heen en weer gewandel, en kyk, die hele aarde sit stil en rus.
Afrikaans (NLV) 2011
Die ruiters het toe verslag gedoen aan die engel van die Here wat tussen die mirtebome gestaan het: “Ons het die aarde deurkruis en die hele aarde is rustig en stil.”
Afrikaans 1933/1953
Daarop het hulle die Engel van die HERE, wat tussen die mirtebome gestaan het, toegespreek en gesê: Ons het die aarde deurkruis, en kyk, die ganse aarde is stil en rustig.
Afrikaans 1983
Die ruiters sê toe vir die engel van die Here, vir die engel wat tussen die mirte was: “Ons hét die wêreld deurkruis, en die hele wêreld is rustig en stil.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En hulle het die •engel van die Here wat tussen die mirtestruike gestaan het, geantwoord en gesê: “Ons het die aarde deurkruis, en kyk, die hele aarde is stil en rustig.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense op die perde het gepraat met die Engel van die Here, die Man wat tussen die mirtebome gestaan het. Hulle het gesê: “Ons was oral op die aarde, en alles is stil en rustig op die aarde.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die ruiters het toe teruggekom en daar by die bome alles kom vertel. Hulle het gesê: Ons het deur die wêreld gery en alles is stil en rustig.”