Zechariah 1:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê die engel wat met my gespreek het, vir my: Roep en sê: So spreek die HERE van die leërskare; Ek is jaloers op Jerusalem en vir Sion met groot jaloesie.
Afrikaans (NLV) 2011
Die engel het vir my gesê: “Laat hierdie boodskap weerklink sodat almal dit kan hoor: ‘Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: Ek het nog steeds ’n brandende liefde vir Jerusalem en Sion.
Afrikaans 1933/1953
Daarop sê die engel wat met my gespreek het: Roep en sê: So spreek die HERE van die leërskare: Ek ywer oor Jerusalem en oor Sion met 'n groot ywer;
Afrikaans 1983
Daarna sê die engel vir my: “Roep en sê: So sê die Here die Almagtige: Ek is hartstogtelik begaan oor Jerusalem, oor Sion.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En toe sê die engel wat met my praat, vir my: “Roep dit uit! So sê die Here, Heerser oor alle magte: ‘Ek is diep besorg oor Jerusalem en Sion;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die engel het toe vir my gesê: “Jy moet hard praat en jy moet sê die Here wat oor alles regeer, sê: ‘Ek is baie kwaad oor wat die ander volke met Jerusalem gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
En die engel het vir my gesê: “Skree hard sodat almal kan hoor wat die Here sê.” Hy sê: “Ek is baie lief vir Jerusalem en die berg waarop die tempel staan. Al twee is Myne!