Zechariah 1:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ek is baie ontevrede met die heidene wat gerus is, want ek was maar 'n bietjie ontevrede, en hulle het die ellende aangehelp.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar Ek is woedend kwaad vir die ander nasies wat vrede en sekuriteit geniet. Ek was nie so kwaad vir my volk nie, dit is die heidennasies wat die ramp aangehelp het.’
Afrikaans 1933/1953
maar Ek is grootliks vertoornd oor die sorglose nasies wat, terwyl Ek 'n weinig vertoornd was, die onheil aangehelp het.
Afrikaans 1983
My toorn gaan losbreek teen die nasies wat nou so sorgvry woon, want my toorn teen Jerusalem was nie so groot nie; dit is die heidennasies wat dit so 'n groot ramp laat word het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
maar Ek is vol fel grimmigheid teen die selfvoldane nasies. Ek was eers minder grimmig, maar hulle het die onheil vererger.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek is baie kwaad vir die volke wat gedink het hulle kan doen wat hulle wil. Ek was net 'n bietjie kwaad vir die mense van Jerusalem, maar die ander volke het hulle baie swaar laat kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar Ek is sommer baie kwaad vir die nasies wat so tevrede met hulleself is. Ek was kwaad vir my volk, maar nou het die Babiloniërs net te ver gegaan. Hulle het hulle nou te sleg behandel.