Zechariah 1:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom, so sê die HERE: Ek het na Jerusalem teruggekeer met ontferming: my huis sal daarin gebou word, spreek die HERE van die leërskare, en 'n lyn sal oor Jerusalem gespan word.
Afrikaans (NLV) 2011
“Daarom, dit is wat die Here sê: ‘Ek keer in genade weer terug na Jerusalem toe. My tempel sal herbou word, sê die Here, die Almagtige, en planne sal gemaak word vir die heropbou van Jerusalem.’
Afrikaans 1933/1953
Daarom, so sê die HERE: Ek wend My met ontferming tot Jerusalem; my huis sal daarin gebou word, spreek die HERE van die leërskare, en 'n meetsnoer oor Jerusalem gespan word.
Afrikaans 1983
Daarom, so sê die Here, gaan Ek My weer oor Jerusalem ontferm: my tempel daar gaan herbou word, sê die Here die Almagtige, Jerusalem sal opnuut as stad uitgelê word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ ‘Daarom,’ so sê die Here, ‘keer Ek vol ontferming terug na Jerusalem. My huis sal daar gebou word, en Jerusalem sal met 'n maatlyn uitgemeet word.’ Dit is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“ ‘Maar Ek sal nou weer goed wees vir die mense van Jerusalem. Hulle sal my tempel weer daar by hulle bou. Hulle sal die stad Jerusalem ook weer bou.’ Dit sê die Here wat oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarom sal Ek na Jerusalem toe terugkom om vir die mense te wys dat Ek vir hulle omgee. Ek sal sorg dat my tempel reggemaak word. Hulle sal kom kyk wat nodig is om my tempel weer op te bou.