Zechariah 1:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ek het aan die engel wat met my gespreek het, gesê: Wat is dit? En hy antwoord my: Dit is die horings wat Juda, Israel en Jerusalem verstrooi het.
Afrikaans (NLV) 2011
“Wat is dit?” het ek aan die engel wat met my gepraat het, gevra. Hy het geantwoord: “Hierdie horings verteenwoordig die wêreldmagte wat Juda, Israel en Jerusalem verstrooi het.”
Afrikaans 1933/1953
Toe sê ek aan die engel wat met my gespreek het: Wat beteken dit? En hy antwoord my: Dit is die horings wat Juda, Israel en Jerusalem verstrooi het.
Afrikaans 1983
en ek het vir die engel wat vir my die gesig moes uitlê, gevra: “Wat beteken dit?” Hy het vir my gesê: “Dit is die horings wat vir Juda, Israel en Jerusalem verstrooi het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het die engel wat met my praat, gevra: “Wat beteken dit?” En hy het my geantwoord: “Dit is die horings wat Juda, Israel en Jerusalem verstrooi het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek vra toe vir die engel wat vir my moes sê wat alles beteken: “Hoekom is hulle hier?” Die engel het vir my gesê: “Die horings is die leiers van die volke wat die mense van Juda, Israel en Jerusalem weggevat het na ander lande.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe vra ek vir die engel wat vroeër met my gepraat het: Wat beteken dit wat ek sien? Hy het vir my gesê: “Die vier horings is soos die sterk nasies wat die mense van Juda, Israel en Jerusalem uitmekaar laat spat het.”