Zechariah 1:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê ek: Wat kom hierdie mense doen? En hy het gespreek en gesê: Dit is die horings wat Juda verstrooi het, sodat niemand sy hoof opgehef het nie; van Juda om dit te verstrooi.
Afrikaans (NLV) 2011
“Wat kom hierdie manne doen?” het ek gevra. Die engel het geantwoord: “Die ystersmede kom om die vier horings wat Juda verstrooi en verneder het, te verskrik. Hulle sal die vier horings neergooi en tot ’n val bring.”
Afrikaans 1933/1953
Toe sê ek: Wat kom hulle maak? En Hy antwoord en sê: Dit is die horings wat Juda so verstrooi het dat niemand sy hoof opgehef het nie; maar hierdie manne het gekom om hulle skrik aan te jaag, om die horings van die nasies neer te werp wat die horing teen die land van Juda opgesteek het om dit te verstrooi.
Afrikaans 1983
en ek vra: “Wat het hulle kom doen?” Hy het geantwoord: “Daardie horings het die mense van Juda verstrooi en verneder. Die ambagsmanne het gekom om die regeerders van die nasies, die horings wat vir Juda met soveel geweld verstrooi het, die skrik op die lyf te ja en hulle tot 'n val te bring.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En ek vra: “Wat kom hierdie manne doen?” Hy het geantwoord: “Dit is die horings wat Juda só verstrooi het dat niemand sy kop kon optel nie. En hierdie manne het gekom om die horings te verskrik en neer te gooi, die horings van die nasies wat die horing teen Juda gelig het om hulle te verstrooi.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
en ek vra: “Wat moet hulle doen?” Die engel sê toe: “Daardie horings is die leiers van die volke. Hulle het die mense van Juda weggevat uit hulle land en hulle het die mense verneder. Hierdie ambagsmanne het gekom om die horings af te kap. Hulle moet die leiers van die volke doodmaak. Dit is die volke wat die land Juda aangeval het en die mense weggevat het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het weer gevra: Wat kom hulle hier doen? Hy het geantwoord: “Die horings is die sterk nasies wat die mense van Juda in alle rigtings laat spat het. Hulle het Juda se mense soos groot gekke laat voel. Die ambagsmanne het gekom om hierdie sterk nasies reg te sien. Hulle sal hulle horings breek en so die nasies swak maak. Die nasies gaan lelik verloor.”