Zechariah 1:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom, sê jy vir hulle: So spreek die HERE van die leërskare; Bekeer julle tot My, spreek die HERE van die leërskare, en Ek sal tot julle bekeer, spreek die HERE van die leërskare.
Afrikaans (NLV) 2011
Sê daarom vir die volk: ‘Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: Draai om na My toe en Ek sal na julle toe omdraai, sê die Here, die Almagtige.’
Afrikaans 1933/1953
So moet jy dan aan hulle sê: So spreek die HERE van die leërskare: Keer terug na My, spreek die HERE van die leërskare, en Ek sal na julle terugkeer, sê die HERE van die leërskare.
Afrikaans 1983
En nou moet jy vir jou volk sê: So sê die Here die Almagtige: Bekeer julle tot My, sê die Here die Almagtige, dan sal Ek weer by julle wees, sê die Here die Almagtige.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sê vir die mense, ‘So sê die Here, Heerser oor alle magte: “Keer terug na My, dan sal Ek na julle terugkeer. ” Dit is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte. “ ‘Die Here, Heerser oor alle magte, sê:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy moet vir die mense van Juda sê: Die Here wat oor alles regeer, sê: Julle moet terugkom na My toe, dan sal Ek na julle toe terugkom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek is die Here en Ek het mag oor alles en almal. Ek sê: Kom terug na My toe en dien My weer. Julle kan weer my volk wees.