Zechariah 1:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Moenie soos julle vaders wees nie, tot wie die vorige profete geroep en gesê het: So spreek die HERE van die leërskare; Bekeer julle tog van julle verkeerde weë en van julle bose handelinge, maar hulle het nie geluister en na My nie geluister nie, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
“Moenie soos julle voorgeslagte wees wat nie wou luister nie toe die profete van vroeër vir hulle gesê het: ‘Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: Draai om van julle verkeerde pad en hou op met al julle slegte dade.’
Afrikaans 1933/1953
Moenie soos julle vaders wees nie, tot wie die vroeëre profete geroep en gesê het: So sê die HERE van die leërskare: Bekeer julle tog van julle bose weë en julle bose werke; maar hulle het nie gehoor en na My nie geluister nie, spreek die HERE.
Afrikaans 1983
Moenie soos julle voorvaders wees nie. Die profete van vroeër het hulle aangespreek en gesê: “So sê die Here die Almagtige: Bekeer julle van julle slegte lewe en julle slegte dade!” Maar hulle was ongehoorsaam, hulle het hulle nie aan My gesteur nie, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Moenie wees soos julle voorouers nie, hulle aan wie die vroeëre profete verkondig het, ‘So sê die Here, Heerser oor alle magte: “Draai tog weg van julle verkeerde paaie en van julle verkeerde dade!” ’ Maar hulle het nie geluister en hulle nie aan My gesteur nie, is die uitspraak van die Here. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle moenie doen wat julle voorvaders gedoen het nie. Die profete wat daardie tyd gelewe het, het julle voorvaders gewaarsku. Hulle het gesê die Here wat oor alles regeer, sê: Julle moet ophou om verkeerd te lewe en verkeerd te doen. Maar julle voorvaders het nie geluister na My nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Moenie soos julle voorouers maak nie. My profete het vroeër vir hulle gesê dat hulle moet ophou om so verkeerd te lewe en slegte dinge te doen. Maar hulle het nie geluister nie en op hulle eie manier aangegaan.